SWARTVAL – Martin Steyn…

Hy het teruggekom.
Die een wat die blomme op haar kar gelos het.
En hierdie keer het hy nie gekom
om iets te bring nie,
hy het gekom om iets te vat.

Vir haar.

En nou word Claire Winters iewers in ’n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos.”

Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Martin Steyn het my gevang met die een. Lelik gevang. Nadat ek so uur aan die boek gelees het, sien ek op die agterkant van die boek staan ‘Nie vir sensitiewe lesers nie’. Sommer dadelik is ek die moer in vir myself, want ek het mos nou weer nie gekyk nie. Ek doen die grab-and-go ding gereeld, en nou sit ek met SWARTVAL in my hande, ek het al begin lees, en nou is dit nie eintlik geskik vir ‘n sensitive soul soos ek nie. Normaalweg sou ek die boek terug gesit het omdat ek nagmerries kry oor alles, tot vuil skottelgoed.

Maar ek kon nie die boek bêre nie.

Nog bietjie lees… nog bietjie… en nog bietjie…

Riller op sy beste.

Karakters…Ongelooflik!

Die detail van die boek… Fantasties!

Hierdie sensitive soul het die boek klaar gelees. Dit is seker een van die mees intense, ontstellende MAAR Ongelooflike goeie stories wat ek nog gelees het. Ek dink dit sal een van die min boeke wees wat ek ‘n tweede keer sal lees!

Martin, you got me! You got me bad bro!

Cheers!

###Pandora###

Mamma VS Boeta

My seuntjie (4jaar) is vreeslik bekkig. Hy aard seker na sy ma. Sy spraak is baie goed, té goed vir sy ouderdom, en gooi sy kleurvolle verbeelding saam, en jy sit met ‘n storie wat jou hare laat regop staan!

My ouers bly in dieselfde dorp as ons. Boeta kuier gereeld by Ouma en Oupa. BAIE gereeld… Natuurlik as ons hom gaan haal is daar baie stories… ”Ek wil by my Ouma bly…Ek soek nie vir julle nie… Ek gaan nie huis toe nie…” Dié gekerm gaan gewoonlik saam met ‘n meltdown en vreeslike geskree. (Geen trane… Waar de hel is die trane!?) Anyway, Ouma vra eendag vir Boeta, hoekom hy nie wil huis toe gaan nie. Hy snik vreeslik en sê vir haar, “Daai mense slaan my…” En nadat hy dit vir Ouma gesê het begin hy lekker lag, en sy ogies vertel vir my “There is more to come…” Nou kyk, ek glo ‘n pakslae op sy tyd is nodig, veral met my kindjie… maar ons rand hom nie aan nie!

Boeta gedra hom relatief altyd goed in die winkel. Ek het ‘n hele preek wat ek altyd voorlê, en hy onthou dit goed. As ek sê ons gaan winkel toe, is hy vreeslik opgewonde. Ek vra dan altyd “Wat is die reëls as ons winkel toe gaan?” Natuurlik het hy altyd vreeslik oulik en vol selfvertroue geandwoord “Nie huil, skree en kerm nie”. Mamma se big boy…Awwww….

Die ander dag jaag ek winkel toe, Boeta saam. (Gewoonlik met die hele Covid ding bly hy by die Nanny of Ouma, maar dié dag het dinge nie so uitgewerk nie en hy moet saam…) Opad in na die winkel se deur, is Boeta uit sy vel van opgewondenheid, (oja… Keep in mind… ons bly op die Platteland… Klein dorpie… Almal ken vir ALMAL…) en tussen deur almal wat groet en oooo en aaaa oor Boeta se rooi hare, vra ek vir hom (net om seker te maak hy onthou) “Wat is die reëls as ons winkel toe gaan?” Net soos die donnerse duiwel dit wil hê, besluit my kind mos om die sogenaamde “reëls” uit volle bors vir my te skree… “Nie huil, skree en kerm EN poep nie mamma!”

Almal rondom ons kom tot stilstand, want hulle het nie die vraag gehoor nie, en ook nie die eerste deel van sy andwoord nie…Net die laste 3 woorde… Aarde sluk my in! Rooi van skaam is ek met hom in die winkel in. Daar stap ‘n man verby… (iemand wat ons nie ken nie…) Ek sweer hy is 3meter lank, en 4km breed. Ek dink jy verstaan wat ek wil sê… hy is GROOT! Boeta vra kliphard… “Mamma! Hoekom is daai Oom so groot?” Die “Oom” verstaan ook Afrikaans, want hy rys uit soos Bakpro deeg… maak sy mond oop om iets te sê, bedink hom (gelukkig vir my) draai om en loop. Saved by the silence .

Ons gaan eet nou die aand by my ouers. Vriende van my ouers is ook daar. Ma het lekker kos gemaak… ons eet en eet en eet weer ‘n keer. Dik pensies. Na ete is dit koffie tyd, jy weet, om die maag te seel. Nou gelukkig vir my, is dié spesifieke vriende van my ouers maar soos kinders in hulle huis. Ons ken mekaar al donkiejare… Boeta hardloop na oom “Vriend” toe (wat nou dik pens op die bank sit), en vryf oor “Vriend” se pens (waaroor Vriend BAIE selfbewus is…jy weet…soos die jare mos aanstap groei sekere goed aan ‘n man se lyf en ander word kleiner). Terwyl hy so oor “Vriend” se maag vryf, vra hy vir hom “Is daar ‘n babatjie in jou maag?” Vriend word rooi, geel, groen, pienk, pers en oranje dieselfde tyd. Oupa kruip op die grond rond soos hy lag, “Vriend” se vrou lag so dat sy nie asem kry nie, en tussen deur die asem gehappery skree sy vir “Vriend”… “Ek het jou mos gesê jy raak dik”!

So paar Saterdae terug is ek, Pappa en Boeta doenig in die kombuis. Ek en Pappa is besig om kos te maak en Boeta speel met sy speelgoed daar rond. Ek en Boeta loop toe inmekaar vas, en hy sê vir my “Sorry vettie”. Verslaentheid spoel oor my…

Ons is so paar weke terug by my Ouers, en ek en Boeta verstaan mekaar weer verkeert. Hy wou iets doen, (kan nie lekker onthou wat dit was nie) en ek sê NEE… Hy gooi weer ‘n “maar mamma” en ek, relatief opgewerk hou by NEE… Die lip begin bewe, en ek sien hier is ‘n tantrum-donderstorm opad. Voor hy kan neersak om sy performance te doen, belowe ek ‘n pakslae, en verduidelik hoekom ek NEE sê. Snik-snik, weereens sonder ‘n traan, sê Boeta vir my, “Ag okey ou krokodil”. Van daar af is ek Krokodil. Sug…

Kinders het maar net ‘n manier om jou skaam, moedeloos en kwaad laat voel, maar ek koester dit in my hart. Hierdie is die “onthou” oomblikke. Hulle word net groter, nie kleier nie. Ek giggel ook maar lekker as ek daaraan dink, en wonder net waar kom alles van daan! Ek is dankbaar vir hierdie oomblikke, al wil ek soms in die yskas klim!

***Pandora***

Create your website with WordPress.com
Get started