Bang vir my kombuis!

 

3cfd967da54e4ff7af5bb0bda3b93441

 

Ek is glad nie baie vaardig in die kombuis nie, maar is baie lief vir ‘n lekker bord kos! Ek weet hoe werk ‘n mes & vurk hoor! Iemand anders se kos proe altyd vir my só lekker, al is dit net ‘n gewone botterbroodjie wat deur iemand anders gesmeer en gesny is.

My probleem is, ek is te lui. Ek is met ‘n pen in my hand gebore, ek weet hoe om met ‘n pen te skryf,  bietjie boekhou doen, rekeninge uitsorteer – ‘n regte vervelige kantoor konyn – pen-pusher. 

My Pa is weer baie lief vir kos maak. Hy probeer gereeld lekker kombinasies, en sy kos is uit die boeke! Ons moet net vir hom sy gebak in en uit die oond mee help, want hy is bang vir brand. (Tipies man!)  My ma kan ook lekker kos maak, maar ek dink ek aard meer na haar in daai opsig. Ons hou van vinnige, maklike goed want ons het altyd nog iets anders wat gedoen moet word. Ek het darem nie in my kinder dae gedood van die honger nie, en my Man en kind is ook piekfyn, hulle gaan slaap darem met vol magies, maar ‘n fancy ete kry jy selde in my kombuis.

Nadat ek en my man getrou het, wou ek ook wys dat ek nie heeltemal so hulpeloos is in die kombuis soos wat ek voel nie. Die kombuis is mos die vrou se plek. Ek love my kombuis, maar is skrikkerig vir potte & panne!  Ek en ons nuwe oond het mekaar groot-oog aan gekyk. My man het vir my ‘n Kook en Geniet gekoop. Vreeslike oulike resepte boek, maar ons 2 loer ook maar net vir mekaar.

As ek reg kan onthou, het ek een keer ‘n bobotie uit die Kook & Geniet gemaak. Dit het lekker gesmaak, maar dit was vir my vreeslik tydrowend. Ek soek iets vinnig, en maklik!

Ek het ook een aand ‘n red velvet koek gebak vanaf ‘n resep. Ek kan onthou dat die hele kombuis rooi was, en dat die icing amper by die deur uit geloop het. Die yskas het darem gehelp dat dit stol, en die koek was darem eetbaar, nadat Skoonma ingegryp het.

Hoe langer ‘n resep is, hoe meer sak my moed in my skoene. Bietjie van dit, bietjie van dat, meet soveel af, laat staan die mengsel ‘n uur, klits liggies, klits baie, vou die eierwit in, gebruik ‘n klitser, gebruik ‘n lepel, skei die eiers en en en…

Ek het so oor die jare vir Tannie Ina leer ken. Ek is mal oor haar! Sy het my nog nie een dag vuil uitgekyk omdat ek nie regtig kan of wil kos maak nie. Sy judge nie! Glad nie! Nooit nie! Haar resepte is baie eenvoudig. Niks hoef te “rus” of te “trek” nie. Just add oil, eggs and Milk, of wat-ook-al jy besig is om te maak. Ek bak graag van haar koeke – maklik en eenvoudig, EN ek kan nog ‘n ietsie ekstra by sit om dit my eie te maak. Sy raak nooit kwaad nie. Dit werk elke keer! Tannie Ina se souse is net so ‘n treffer! Speserye, slaai souse, marinades, koeke, terte, klein koekies, pudding – dit laat voel my soos ‘n kok uit die boonste rakke, en my gaste reken ek hoort op Kokkedoor of Master Chef. Dankie Tannie Ina Paarman!

Knorr…ook een van my goeie vriende! Knor nooit vir my as ek aan sy deur klop nie, en help my uit wanneer ek iets vinnig moet opdis. Easy Peasy! ‘n Vinnige pakkie sous hier, bietjie room daar, en jy het ‘n heerlike aandete. Stroganoff, pasta, bolognese, chicken a la King… Ek is dié kok!

Dis wie ek is – opsoek na ‘n vinnige, maklike resepte om ietsie spesiaal voor te sit. Julle kan kyk op my blog onder Resepte. Ek gaan regtig probeer om my vinnige en maklike resepte met julle te deel. Dalk kan ék iemand help wat ook bang is vir ‘n stoof!

P.S. Ek sukkel nog om al die funksies op die blog baas te raak, so laat weet as julle nie die resepte sien nie.

 

###Pandora-Groete###

 

 

 

Advertisements
Categories Uncategorized

6 thoughts on “Bang vir my kombuis!

  1. Ek hou ook daarvan om iets blitsig aanmekaar te slaan…haat die kombuis! Ek wil graag jou resepte sien, maar daar is nie ‘n skakel daarheen nie, Pandora.

    Liked by 2 people

  2. Dankie vir die laat weet…
    Dit is op my home page, langs “home” en “contact”.
    Ek kry dit nie reg om n resepte afdeling te skep en dit dan te lys nie…tegnologie podjie my alweer. Laat weet of jy dit kry

    Liked by 1 person

    1. Ek werk nou op my selfoon, so kan nie kyk nie. Dalk moet jy probeer by ‘bladsye’ of pages’ dan verskyn dit bo-aan jou blog. Die ander manier is om elke resep ‘n blogpost te maak en dan skep jy ‘n kategorie ‘resepte’. So elke keer as jy ‘n resep opsit, merk jy net die resepte kategorie.

      Liked by 1 person

      1. Baie dankie tannie. Ek gaan probeer

        Like

  3. Sal ook lief om na jou resepte te loer, hou ook van vinnige maklike disse. Kombuistyd moet beperkte tyd wees, dit pas my.

    Liked by 2 people

  4. Dis hoe ek ook kos maak: Vinnig en maklik. Nie heeldag gekokery nie. Ina Paarman ís baie oulik, sy kan maar regtig jou maatjie wees.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this:
search previous next tag category expand menu location phone mail time cart zoom edit close