Kerrie sous vir sosaties of kerrie chops – NG Gemeente 1978

Hierdie resep kom uit die NG Gemeente resepteboek 1978.

My skoonouers maak baie graag die resep vir hulle sosaties, asook om heerlike kerrie-chops.

Tante Bertha van Zyl se resep

Skoonma het die resep kleiner gemaak. Dit is reg vir 15kg sosatievleis en vet, in blokkies gesny, of vir ‘n lekker paar vet chops.

1,5 kg uie

600g suiker

1/2 koppie Mielieblom (Half koppie)

3 Koppies melk

1 Bottel Blatjan

1/2 Koppie sout (Halwe koppie)

125g Kerrie

1 Hoog tl Borrie

3 Koppies asyn

500g appelkose

Nota: Ons gebruik dikmelk in die plek van die melk en asyn

Braai die uie in vet. Meng droe bestandele met die asyn. Voeg by die uie en kook goed. Voeg die ander vloeisof en appelkose by. Voel laaste die melk en blatjan by. Kook goed deur en laat koud word.

###Pandora###

Advertisements
Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this:
search previous next tag category expand menu location phone mail time cart zoom edit close