Maklike pannekoek

My man is baie lief vir pannekoek. As hy vra ek moet vir hom bak voel dit ek hardloop eerder die bult uit.

Ek het die resep gekry. Maklik, sonder enige moeilikheid:

Maak +/- 20 pannekoeke

  • 2e olie
  • 1e suurlemoensap
  • 1k melk
  • 1k water
  • 2 eiers

Klits eiers tot skuimerig en roer die res van die vloeistof in.

  • 2k koekmeelblom
  • 2t bakpoeier
  • 2ml sout

Sif die droë bestandele saam. Maak dan ‘n holte in die droë bestandele en goei die melk en eier mengsel by. Klits tot glad.

Gebuik ‘n nonstick pan (as jy kan)

Verhit olie in die pan en gooi dan die warm olie uit. Laat die pan goed warm word. (moet nie brand nie!)

Gooi genoeg beslag in die pan om die bodem met ‘n dun lagie deeg toe te maak. Skud die pannekoek los as dit droog lyk, en draai om. Bak tot gaar!

Geniet dit met suiker & kaneel, of met enige vleis of hoender vulsel.

Groete

###Pandora###

 

 

Advertisements
Create your website at WordPress.com
Get started
%d bloggers like this:
search previous next tag category expand menu location phone mail time cart zoom edit close